divorce


SALEGAL EGSKEIDING PROSES

Die vinnigste en goedkoopste manier beskikbaar

STAP 1 Registreer as gebruiker
STAP 2 Voltooi alle velde (hierdie sal ongeveer 15 minute neem). Dit is belangrik dat u alle velde voltooi anders kan hofdokumente nie behoorlik opgestel word nie.
STAP 3 Maak betaling in die bedrag van R890.00 (BTW ingesluit)
STAP 4 Terwyl u besig is om betaling te bewerkstellig sal een van ons regsadviseurs reeds besig wees om u dokumente op te stel en na te gaan vir foute. Faks of epos die bewys van betaling aan ons waarna u dokumente onmiddelik beskikbaar gestel sal word om deur u afgelaai, geteken en verder hanteer te word volgens ons maklik-om-te-verstaan instruksies wat u saam met u dokumente sal ontvang.
 
AFLYN STAPPE:
STAP 1 Bespreek die egskeiding met u gade en kom minstens mondelings ooreen rakende dinge soos toesig en beheer oor kinders en verdeling van bates.
STAP 2 Teken die skikkingsooreenkoms (deur ons opgestel) en laat u gade ook teken.
STAP 3 Neem die dokuemnte na die toonbank by u hof en hul sal 'n saaknommer aan u toeken. Neem dan die dokumente na die balju se kantore om op u gade te beteken (ten einde tyd te bespaar sal dit raadsaam wees as u gade saam met u na die balju se kantore gaan).
STAP 4 Indien daar minderjarige kinders betrokke is sal u ook die skikkingsakte aan die Gesinsadvokaat moet stuur vir endosering daarvan. 10 Dae nadat u gade die dagvaarding ontvang het vanaf die balju kan u 'n hofdatum kry.
STAP 5 Op hierdie datum moet u in die hof veskyn en sal die saak afgehandel word.
 
EEN VAN ONS REGSADVISEURS SAL DEURENTYD BESKIKBAAR WEES OM U BY TE STAAN MET ENIGE VRAE EN/OF ADVIES. VAN BEGIN TOT EINDE. INDIEN U NOG VRAE HET, EPOS ONS GERUS BY divorce@legalmart.co.za OF GESELS MET EEN VAN ONS AANLYN REGSADVISEURS.

Property of SALegal