divorce

LEGALMART EGSKEIDING

GEREELDE VRAE EN ANTWOORDE

Wat is die prosedures wat gevolg moet word? Gaan na prosedures vir meer inligting.
Hoe lank sal dit neem vir die saak om afgehandel te word? Nadat ons bewys van betaling ontvang het sal u dokumente onmiddelik beskikbaar wees om afgelaai te word. Van daar af neem dit gewoonlik 'n maand tot maand en 'n half (afhangende van die beskikbaarheid van die hof).
Wat sal die totale koste wees? Ons fooi is R980.00 vir opsie 1 en R1940 vir opsie 2.
Moet ek in die hof verskyn? Ja. Geen egskeidingsbevel kan gegee word tensy die Eiser (U) minstens in die hof verskyn nie
Wat gaan in die hof gebeur? Die regter sal vir u 'n paar vrae vra soos wat die redes vir die egskeiding is. U sal daar wees vir ongeveer 3 tot 5 minute. Niks om oor bekommerd te wees nie.
Wat gebeur as my gade nie die skikkingsooreenkoms wil teken nie? Hierdie sisteem is ontwerp om mense te help om goedkoop en vinnig te skei op voorwaarde dat beide die skikking teken. Indien u gade nie wil teken nie, is dit 'n bestrede egskeiding en sal u ons moet kontak of u sal 'n prokureur moet raadpleeg.
Wat gebeur as ek nie weet waar my man/vrou hom/haar bevind nie? Die hofreels vereis dat die ander party behoorlik kennis moet kry van die aksie. Dit word gedoen deur betekening van die dagvaarding op hom/haar deur die balju. Indien u nie weet waar u man/vrou is nie, kan daar by die hof aansoek gedoen word om toestemming om op 'n ander manier te beteken (bv. koerant advertensie). In hierdie geval sal u 'n prokureur moet raadpleeg of u kan ons kontak
Indien u nog enige vrae het kan u ons epos by divorce@legalmart.co.za of u kan met een van ons aanlyn adviseurs gesels.

Property of SALegal